INLIGTING

MAGNETIESE RESONANS BEELDING (MR)

 

Last Updated on
2015-11-08

 

MAGNETIESE RESONANS BEELDING (MR)

INLIGTING:

Die MR apparaat gebruik sterk magneetvelde en radiogolwe, om beelde van die liggaam te verky. Die beeldingstegniek is baie soortgelyk aan 'n Rekenaar Tomografiese (RT) ondersoek met x-strale. U sal gevra word om te lÍ op 'n nou bed vir 'n sekere tydperk (20 - 30 minute), terwyl die masjien die nodige informasie bekom. Gedurende hierdie tydperk sal u nie blootgestel wees aan x-strale nie, maar aan 'n magneetveld en radiogolwe. Dit word nie gevoel nie. U mag egter klop geluide hoor, wat afkomstig is van die radiogolwe. Ons sal oorpluisies of oorfone verskaf indien benodig. Die tonnel waarin u lÍ in die groot magneet is nou, en sommige mense, wat aan engtevrees lei, mag dit ongerieflik vind.


Daar is geen bekende risiko's met hierdie tipe ondersoek tans bekend nie. Die radiogolwe en magneetgolwe (soos tans gebruik), beskadig nie u liggaam nie. Daar is egter uitsonderings: as u 'n pasaangeŽr het vir die hart, of sekere soort metaal stekies in u liggaam (byvoorbeeld aneurisme prosedure in die brein), mag dit 'n kontra-indikasie vir die ondersoek wees. Daar is die moontlikheid dat u 'n lokale spasma mag ondervind, as gevolg van die magneetveld gedurende die ondersoek, dit behoort nie pynlik te wees nie. Die ondersoek kan op enige stadium gestop word, indien benodig.


Die magneet is baie sterk en trek metaal aan. Alle metaal voorwerpe moet dus verwyder wees voordat u die kamer betree. Dit sluit muntstukke, horlosies en kredietkaarte in. Kredietkaarte en horlosies mag beskadig word. (Hokkies om waardevolle items in toe te sluit word verskaf).

RISIKO'S

As u voorheen met metaal gewerk het (byvoorbeeld sweis), of sekere elektroniese apparate in u liggaam het, (byvoorbeeld pasaangeŽr of neurostimulators), as u aritmieŽ en erge hartsiektes het, as u sekere soorte tand inplantate dra, (vrouens) swanger is, veral in die 1ste drie maande van swangerskap, moet hierdie bespreek word met die Radioloog en die verwysende dokter. Soms mag hierdie dalk verhoed dat u 'n onmiddellike MR ondersoek ondergaan, afhangend van die kliniese probleem.


As u wil, kan ons 'n sedasiemiddel toedien om u te help. Ongelukkig mag nie bestuur na hierdie toediening nie, en word versoek dat u, of 'n tydperk oorbly, of iemand saambring om te bestuur.

Previous Page


Home | MRI Info | Forms | PAIA | Contact | Top

© Copyright Koen Radiology , all rights reserved.